Passt nicht? Macht nichts! Sie können Artikel bis zu 30 Tage zurückgeben
Mit einem Geschenkgutschein können Sie nichts falsch machen. Der Beschenkte kann sich im Tausch gegen einen Geschenkgutschein etwas aus unserem Sortiment aussuchen.
Pretoria, 2057. Dertig jaar na Johannesburg in 'n spookstad verander het, word die Nuwe Republiek van Suid-Afrika deur die Toekomsparty en 'n Raad van Twaalf regeer. Kel de Jong werk as 'n programmeerder in die Intelligensieburo. Sy geordende lewe word in chaos gedompel wanneer 'n militere observasiesatelliet 'n jong kind op die verlate N1 tussen Pretoria en Johannesburg ontdek. Op dieselfde dag word In-Grid, die Intelligensieburo se sentrale kunsmatige intelligensie, in 'n aanval vernietig. In chaos wat volg, aktiveer Kel In-Grid se prototipe en ontdek dat dit die herinneringe van Agnes Baumer bevat, 'n vroulike spioen in Duitsland gedurende die Tweede Wereldoorlog. Met behulp van tydreise ontdek Kel in die verre verlede die waarheid agter die gebeure in sy hede.